Awe. Hello. Hoezit my mense. Welkom by die vaal gebou kolom. Die kolom is uit en uit gemik aan die plaaslike munisipaliteit innie Paarl om te sorg dat os hulle op hul tone hou of selfs trap! Vir veranderinge om te gebeur in ons gemeenskap moet os, os griewe rig, veral as os leiers nie hulle kant bring nie. Soe. Moenie kwaad raak nie die Drakenstein Munisipaliteit. Vra liewers hoe kan os die situation resolve. Ek voel gesels is die uitweg instead om voor die vaal gebou te staan met n plakkaat soes sekere van ons staat mense dit gedoen it nationally en dan more uit te maak van n wit koerant se profyt. En nie! Ek's nie rassisties nie. Ek speak net my mind. As jy n pain vang is it boekant jou. Jy moet dan jou self vra: ”What “kind”? Hoekom vang ek ń pyn? Pas die skoen miskien vi my?”Ek het n paar maande gelede in die wit plaaslike koerant van os gelees dat die vaal gebou ń R18 million dienssentrum in die Paarl Oos gaan bou. Ek was soe excited om dit te lees, ma toe sak my pluk vinnig toe ek begin dink aan die Thusong Sentrum in die Mbekweni, die Koinonia's en Radio KC tipe gemeenskap organisasies.
Dit is al goed en wel om vir mense vals hoop te gie, maar dit is verkeerd soedra iemand sy bek rek omdat hy/ sy ontevrede is in die community. Ek is veral dik van al die corruption en van geld wat verdwyn. Of geld wat net onder n sekere click gespread word. Dit wys vi my dat os nog n lang pad moet stap vi Suid Afrika om regtig vry te wies. Check os mense. Os discriminate tien mekaar. Die klapperneute tien die wat innie fletse bly en die wat in die fletse bly teen die klapperneute. Jy is eers noticeable as jy ń woelige kar ry of woelige clothing juck. Wat van die mense in ekhasi.
Nou dai is n anne topic, ma it moet addressed word. Terug na die topic van die kolom. Vaal gebou. Gan dit n vermorsing van geld wies? Wa kom die geld van daan? Os wat swaar kry en barely survive? Julle ry met julle fancy merc's en BM's. Airconditioned en alles. Julle het groot huise…wel ek stem saam dat sy moet rewarded word vir n dag se loon, ma wat van die wat innie ghettos bly. Is hulle vergiet? Volgens jou nie, ma volgens os JA! Wanne laas het julle tussen os really gestap en gecheck die aunty wat vroeg die oggend op is om ha vleise ready te kry en te verkoep naby White City . Of die ouens wat tien die pad staan en skarrel en dan raak os kwaad want volgens os is hulle irritating. “Gat kry n werk man!” Hoe? Da is net oor die 6 million wat werk en die res vannie 44 million is of kinders of retired. Try os n company start is it oek n procedure. Ń Klompie redtape en os sukkel om funding te kry, tog is da tussen R250 000 and R50 miljoen available vi die jeug. Os wil aggressive raak met die jeug innie ghetto, tog vergiet die vaal gebou dat dit hulle skuld is hoekom die jeug soe is vandag. Hulle kyk any way nie vi os nie soe hoekom moet os? Dit is n bad mentality. My broers en susters bly positief. Moenie lat die ghetto jou future determine nie. Moenie wies van dai mense wat hulle se…” Sien jy seun, Dit is n gangster. Jy is bo hulle.” LMIMP!!! It might funny wies ma dit gebeur.
Soe in conclusion o dit wat ek nou vanaand tik, met my verkoue en seer rug, hoep ek regtig dat die sentrum vir die community gan benefit. Dat dit nie n money wasting corruption typeA vi own benefit organisation gan wies nie. En coloured. Moenie lat die hype jou insluk nie en dan vang jy weer kak an nie. Ja jy het my gehoor. KAK AN NIE!!! Soe vaal gebou kry julle ducks in ń row van os is hier. Independent sonne julle geld het os n magazine. LOL! Soe check it. Anders as dit nie soe gan wies nie sal os it hoor in die volgende issue en voluit an vat! P.S. Die Festival of Lights is was weer an, en soos gewoonlik was dit dieselfde strons soes elke jaar. Wanneer kry die anne mense in die community oek n kans en hoekom moet die groups wat daar voorheen perform het dan weer audition. Yor. Os sal maar vir nog 4 jaar moet wag voordat os kan tender om n change te maak, ma ai dan gan die local government officials weer agteraf wies en dinge vi mense gie because hulle kyk os by die gesig!
Laat os hoop die munisipaliteit gan goed doen. Wat is jou mening?
ReplyDelete