Ek is baie opgewonde want wie sou kon dink dat die ouens en vrouens die mikrofoon aangryp op die verhoog oor die hele Paarl Vallei. Natuurlik is daar nog baie werk om gedoen te word ma die Ghetto 2 Ghetto’s/ Blok tot Blok Parkjams het anner gebiede ook aangehits om dieselfde te doen en is definitief op die regte pad. Die G2G het eers sy verskyning in Chicago (Paarl) gemaak en toe beweeg na Magnolia Blok. Daar vandaan het hulle toe antwoord gegee in Amstelhof en toe in MountainView. Na daardie “parkie konfyt”…Lol… het hulle hul verskyning in Lantana gemaak. Die 28ste November 2010 het dit weer verskyn by Chicago as n pitstop. Die manne doen regtig harde werk en ons is baie opgewonde wat nog voorlê in die Paarl. Ouens soos Jaak, Kamalie, Dokter Kapnoudis, PVSI, Jah Logo, Load, Yunique a.k.a. KhoiSiSeun, Miztah Naztaljah, Playa, Motion, Potloodpunt, Oak Boys, Crazy, Mc Verrassings en nog baie meer het die verhoog geseen met hulle talent. Natuurlik is G Max soos by elke parkie konfyt die seremonie meester en D.J. J- EFX die “resident” deejay. D.J. L- Cut oorspronklik van Franschoek maar nou woonagtig innie Parow was ook daar om vir almal sy talent te wys.
Die parkie konfyt is nie net van die rymkletsers en platejoggies nie. Glad nie. Dit is vir die ontwikkeling van die jeug wat ook hulle talent wil wys in al die vyf elemente van die rymklets kultuur. Daar is ouens wat al die pad van Mitchels Plain kom om die jongeling te wys hoe om graffiti te doen. So ver by meeste van die parkie konfytte was Rizah die man wat sy talent gewys het om die woel8ste tags te doen. Big Up! Die Bboys is natuurlik altyd teenwoordig en die jeug van die Paarl Vallei wys n groot belangstelling in dit ook. Daar is net n tekort aan vroumense wat die verhoog moet kom seen met hulle talent. Ek en G Max het wel gesels met n dame. Haar naam is Cammy en hopenlik sal ons nog n talentvolle rymkletser in die Paarl Vallei sien wat die dames sal verteenwoordig.
Die parkie konfyt gebeur elke tweede week so maak seker om jou ore op die grond te hou en die volgende een by te woon. Regtig. Dit is n belewenis!
Sien yt na die volgende 1. Wat is jou mening omtrent die Parkie Konfyte? Hoe kan dit groter en beter gemaak word? Hoe kan ons vroumense involve om die mic in twee te breek?
ReplyDeletewww.hiphopkop.com
ReplyDeleteDaai move kan n PV cat op die nasionale map sit. Check it uit. Stiek uit jou bang ding !!
Very enlightening and beneficial to someone whose been out of the circuit for a long time.
ReplyDeletearoma essential oils